April 18, 2021

Surrogaatouers kyk ná byna een jaar steeds na baba

Alhoewel Emily en haar man, Brandon, die geleentheid gehad het om die baba by ‘n oppassersagentskap te los, het hulle besluit om self na haar om te sien.

Surrogaatouers kyk ná byna een jaar steeds na baba (Foto: The Today Show)

Surrogaatouers kyk ná byna een jaar steeds na baba (Foto: The Today Show)

IDAHO. – ‘n Vrou van Idaho, wat ingestem het om as surrogaatma vir ‘n vrou in China op te tree, pas nou, na byna ‘n jaar, steeds haar surrogaatbaba op weens die Covid-19-pandemie.

Emily Chrislip het in Mei verlede jaar geboorte gegee aan ‘n baba dogtertjie, maar pandemieverwante reisbeperkings het dit tot dusver onmoontlik gemaak vir die baba se biologiese ouers om haar in Amerika te gaan haal.

Oppassersagentskap

Alhoewel Emily en haar man, Brandon, die geleentheid gehad het om die baba by ‘n oppassersagentskap te los, het hulle besluit om self na haar om te sien.

“Aanvanklik het ons gedink dit sou vier weke wees, en toe raak dit net langer en langer,” vertel die 25-jarige Emily. “Ons het nou maar aanvaar dat ons nie weet tot wanneer sy nog by ons gaan wees nie, maar ons sal dit nie op enige ander manier wil hê nie.”

“Ek kan nie glo hoeveel tyd al verby is nie. Dit het so vinnig verbygegaan.”

“Ons grootste bekommernis is die beperkinge. Ek dink nie hulle gaan ‘n probleem hê om in Amerika te kom nie, maar om weer terug in Asië te kom sal dalk probleme veroorsaak.”

Lees ook: Pa voor sy seuns doodgeskiet

Biologiese ouers sou by wees

Die aanvanklike plan was om die baba se biologiese ouers by te hê met die dogtertjie se geboorte.

“Sy sou in die geboortekamer wees om te sien hoe sy geboorte word en hulle sou hulle eie kamer hê in die hospitaal. Ten einde van die geboorte sou my werk ook klaar wees.”

Maar toe gebeur die pandemie en die klein dogtertjie moes die eerste maande van haar lewe saam met die Chrislips deurbring en nié saam met haar biologiese ouers nie.

Sal steeds moeilik wees

Alhoewel Emily en Brandon hoopvol bly om die dogtertjie aan haar biologiese ouers terug te besorg, sê Emily dit sal steeds ondenkbaar moeilik wees.

“Ek dink dat dit makliker vir my is as vir Brandon. Hy is baie lief vir babas en kinders en het ‘n baie sagte hart. Ek probeer barriers? ophou, maar ek weet nie van hom nie.”

Lees ook: Seun (15) sterf in vrieskas na hy probeer afkoel

“Ons is vir seker lief vir haar en sal altyd vir haar omgee, maar ons verstaan sy is nie ons s’n nie.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: