April 21, 2021

Veld by Noord-Kaap raak probleem vir inwoners

FiND iT het navraag by die Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen, maar wag steeds vir terugvoer.

Veld by Noord-Kaap raak probleem vir inwoners

Veld by Noord-Kaap raak probleem vir inwoners Foto: Verskaf

KIMBERLEY. – Die inwoners van Haystonweg voor Hoërskool Noord-Kaap sê die veld wat nie skoongemaak word nie, raak nou ’n probleem. Daar word gereeld in die veld weggekruip en by huise ingebreek.

Volgens inwoners is die munisipaliteit al menige male gevra om die gebied skoon te maak, maar niks kom daarvan nie. Inwoners wat self die veld wil opruim, word glo eerder met boetes gedreig.

LEES OOK: Twee negejarige seuns in Galeshewe verkrag

Inwoners moedeloos

Leona Pienaar, ’n inwoner van Haystonweg, sê die huis in die straat word geteiken en verdagte mense kruip in die veld weg.

“Daar is eergisteraand weer by ons bure ingebreek. Daar is ook al by ons ingebreek. Ons het al almal moontlik gevra of die veld skoongemaak kan word. Ons is al regtig moedeloos.”

Leona sê hulle het al self die veld probeer brand en skoonmaak, maar daar is vir hulle gesê hulle sal ’n boete kry.

FiND iT het navraag by die Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen, maar wag steeds vir terugvoer.

LEES OOK: Pastoor op Postmasburg gesoek

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: