GALESHEWE. – Die polisie is op soek na twee verdagtes nadat twee negejarige seuns op 18 Maart 2021 by RC Elliot Hall verkrag is.
Kapt. Bashoabile Kale, polisiewoordvoerder, sê die twee seuns het in die parkie gespeel toe hulle deur die twee verdagtes weggelok en verkrag is. “Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie, maar die polisie is tans besig met ’n soektog.”
LEES OOK: Pastoor op Postmasburg gesoek
Pas kinders op
Brig. Belinda Rikhotso, stasiebevelvoerder, het ouers gevra om hulle kinders op te pas en om ten alle tye toesig oor hulle kinders te hou terwyl hulle in die Five April-park speel.
Enigiemand met inligting rakende die voorval, kan konst. Ouma Mamapula by die Galeshewe-eenheid vir gesinsgeweld, kinder- en seksuele misdrywe by 082 495 4605 skakel.
Die ondersoek duur voort.



