April 19, 2021

Troeteldierbok ry saam met sy eienaar branderplank

Hy gebruik ook nou sy twee bokke, Pismo en Grover, om kinders te help om oor hulle vrees vir water te kom.

Troeteldierbok ry saam met sy eienaar branderplank

Troeteldierbok ry saam met sy eienaar branderplank Foto: Reuters/SABC

KALIFORNIË. – Die branderplankryer, Dana McGregor (42), het nog altyd ‘n passie gehad vir dié watersport, maar die dag toe hy sy troeteldierbok saamneem, het hy regtig sy roeping gekry.

Sy troeteldierbok geniet die sport

McGregor leer nou kinders branderplank ry. Hy gebruik ook sy twee bokke, Pismo en Grover, om kinders te help om oor hulle vrees vir water te kom.

LEES OOK: Stapper se lyk gevind na sy verdwyn, twee verskyn in hof

Die branderplankryer vertel aan Reuters hy het 10 jaar gelede vir die eerste keer sy bok in die water ingeneem. Die bokke geniet die sport baie, veral as mens so na die foto’s kyk waar een van hulle sommer heel voor op die branderplank staan.

LEES OOK: Bejaarde (88) slaan glo haar man (99) dood omdat hy ‘lui’ is

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: