April 18, 2021

Facebook-verkragter wat homself voordoen as werkgewer kry tronkstraf

Hierdie voorval het plaasgevind terwyl Ximba uit was op borg nadat hy glo ‘n 21-jarige verkrag het.

Facebook-verkragter wat homself voordoen as werkgewer kry tronkstraf

Facebook-verkragter wat homself voordoen as werkgewer kry tronkstraf Foto: timesnownews.com

DURBAN. – Die Facebook-verkragter wat verskeie vroue verkrag het, is tot lewenslank plus 18 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ‘n vrou verkrag het terwyl hy op borg uit was.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê op 17 Februarie 2020 het die slagoffer ‘n oproep van Ximba ontvang wat hom as ‘n Facebook-vriend, Mbali, voorgedoen het. Ximba het die slagoffer gebel en gesê dat hy ‘n werk vir haar gevind het en dat sy na Ntambanana moes gaan waar die maatskappy was. Die slagoffer het Durban verlaat en na die Ntuthunga-omgewing in Ntambanana gegaan waar sy Mbali sou ontmoet.

Facebook-verkragter neem slagoffer na die bosse

“Met haar aankoms by die bushalte het sy vir Mbali gebel en die telefoon is deur Ximba geantwoord wat hom as Mbali se broer voorgedoen het. Hy het aan die slagoffer gesê dat Mbali winkel toe is en belowe om haar in kennis te stel sodra hy terugkom. Die slagoffer het Mbali verskeie kere gebel, maar die telefoon het dadelik na die stempos gegaan,” sê Gwala.

LEES OOK: KYK: Video waarin ‘honde-oppassers’ hond glo mishandel veroorsaak oproer

Laat die aand het Ximba haar genader. Hy het haar vertel hy is deur Mbali gestuur om haar te haal. Terwyl hulle geloop het, het die slagoffer opgemerk die beskuldigde neem haar na die bosse. Toe sy die beskuldigde daarna vra, het hy aggressief geraak.

Slagoffer ontsnap en gaan na polisie

Ximba het haar daarna na ‘n bos gesleep, gewurg totdat sy haar bewussyn verloor en haar verkrag. Die slagoffer het haar bewussyn teruggekry. Die beskuldigde het aan haar gesê om aan te trek en hom te volg. Sy het die beskuldigde na sy huis in die Ntuthunga-omgewing gevolg, waar hy haar weer verkrag het.

Volgens Gwala het die slagoffer daarin geslaag om te ontsnap en is reguit na die Ntambanana-polisiekantoor waar klagte van verkragting en ontvoering gelê is.

Hierdie voorval het plaasgevind terwyl Ximba uit was op borg nadat hy glo ‘n 21-jarige verkrag het.

LEES OOK: Bejaarde (88) slaan glo haar man (99) dood omdat hy ‘lui’ is

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: