April 18, 2021

Vrou doodgeskiet, glo teikenmoord

Die dogter is ongedeerd en die polisie vermoed dit was moontlik ’n teikenmoord.

Vrou doodgeskiet, glo teikenmoord

Vrou doodgeskiet, glo teikenmoord Foto: The Trace

GQEBERHA. – ’n Vrou (38) is Woensdag 24 Maart 2021 omstreeks 16:45 in ’n beweerde teikenmoord in haar erf in Phalostraat doodgeskiet.

Kol. Willie Mayi, polisiewoordvoerder, sê die slagoffer het pas van die werk afgekom en haar dogter (15) het haar by haar voertuig ontmoet, toe twee onbekende verdagtes hulle nader.

LEES OOK: Australiërs gewaarsku teen massas spinnekoppe wat skuiling soek

Glo teikenmoord

“Die verdagtes het glo beveel die dogter moet in die kar klim. Die slagoffer is daarna deur een van die verdagtes in die kop geskiet, waarna die verdagtes van die toneel gevlug het. Niks is van die slagoffer of haar dogter geroof nie.”

Die dogter is ongedeerd en die polisie vermoed dit was moontlik ’n teikenmoord.

Enige persoon wat die polisie met hierdie ondersoek kan help, kan die Oos-Kaapse provinsiale eenheid vir ondersoek na georganiseerde misdaad, kol. Willie Mayi, by 082 697 5914 kontak.

LEES OOK: Man (91) in hegtenis wat glo vriendin se dogter verkrag

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: