Man (91) in hegtenis wat glo vriendin se dogter verkrag
Die kinders se ma word ook deur die polisie gesoek in verband met kinderverwaarlosing. Die man het glo haar dogter in haar teenwoordigheid verkrag.

Man (91) in hegtenis wat glo vriendin se dogter verkrag Foto: Pinterest
MPUMALANGA. – ’n Man (91) is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy glo sy vriendin se 11-jarige dogter verkrag het. Hy het glo ook die meisie se boetie en sussie mishandel.
Die kinders se ma word ook deur die polisie gesoek in verband met kinderverwaarlosing. Die man het glo haar dogter in haar teenwoordigheid verkrag.
LEES OOK: Prokureur wat van SAPS-bedrog verdink word, uit op borg
Inwoner tref kinders aan
Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, sê ’n inwoner het die drie kinders van onderskeidelik 11, vyf en twee jaar oud in haglike omstandighede en sonder enige toesig in hulle huis aangetref.
Hulle is na ’n nabygeleë skool geneem en die skoolhoof het die polisie ontbied. Daarna is die kinders na ’n plek van veiligheid geneem.
Die verdagte sal vandag in die Bosbokrand-landdroshof verskyn.
LEES OOK: Australiërs gewaarsku teen massas spinnekoppe wat skuiling soek