Kby-sportmeneer vas na beweringe oor 13-jarige
Dit het na bewering in Oktober 2020 gebeur.

Kby-sportmeneer bly in aanhouding (Foto:Unsplash)
KIMBERLEY. – Die 37-jarige voormalige sportmeneer van Kimberley wat gister deur die polisie in hegtenis geneem is op aanklag van verkragting, is steeds in die aanhoudingselle.
Lees ook: Die vyf-minuut kaaskoek waarvan almal praat
Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder in Kimberley, sê die man het na bewering ‘n 13-jarige meisie vyf keer oor ‘n tydperk verkrag toe hy in ‘n verhouding met haar ma was.
Dit het na bewering in Oktober 2020 gebeur.
Lees ook: Ma gebruik laaste R75 om miljoenêrsbesigheid te begin
Jansen sê die man sal binnekort in die hof verskyn en die ondersoek duur intussen voort.