Kby-sportmeneer vas na beweringe oor 13-jarige

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die 37-jarige voormalige sportmeneer van Kimberley wat gister deur die polisie in hegtenis geneem is op aanklag van verkragting, is steeds in die aanhoudingselle.

Lees ook: Die vyf-minuut kaaskoek waarvan almal praat

Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder in Kimberley, sê die man het na bewering ‘n 13-jarige meisie vyf keer oor ‘n tydperk verkrag toe hy in ‘n verhouding met haar ma was.

Dit het na bewering in Oktober 2020 gebeur.

Lees ook: Ma gebruik laaste R75 om miljoenêrsbesigheid te begin

Jansen sê die man sal binnekort in die hof verskyn en die ondersoek duur intussen voort.