April 21, 2021

Meisie (17) haal Guinness World Record vir die langste bene

Traci se linkerbeen meet 135.267cm en haar regterbeen 135.3cm.

Meisie (17) haal Guinness World Record vir die langste bene (Foto: Daily Bangladesh)

Meisie (17) haal Guinness World Record vir die langste bene (Foto: Daily Bangladesh)

AMERIKA. – “Ek het in voorskool vir die eerste keer besef ek is langer as die ander kinders,” sê die 17-jarige Maci Currin. “Ek was die langste van almal.”

Maci, wat die Guinness World Record gehaal het vir die wêreld se langste bene, sê om so lank te wees veroorsaak dat sy haar kop gereeld teen goed stamp. “Om ‘n motor te bestuur is ook baie moeilik. Daar is baie karre waarin ek nie eers pas nie, want my bene is te lank.”

Kry nie klere nie

“As ek nou in ‘n gewone klerewinkel instap, sal ek nie iets kry wat my pas nie. Hulle maak nie klere in my grootte nie,” vertel Maci. “Veral broeke, ek moet dit spesiaal laat maak!”

Lees ook: Statutêre verkragting: Oud laerskool-sportafrigter in aanhouding

“Om vir haar klere te koop is ‘n gesukkel,” vertel Traci Currin, Maci se ma. “As sy ‘n geleentheid het om by te woon, kan sy nie net soos ander meisies gou winkel toe gaan om ‘n uitrusting en ‘n paar skoene te koop nie. Jy moet regtig vooruit beplan vir enigiets vir haar.”

Geboelie oor haar lengte

Maci sê sy is gelukkig nie geboelie oor haar bene nie. “Ek is meer geboelie omdat ek langer was as almal. As ek moet raai sou ek sê dis omdat hulle nie regtig geweet het hoe om dit te verwerk nie. Toe ek egter besluit het om op te hou opgee wat mense dink, was ek nie meer daardeur geaffekteer nie.”

Sy sê daar is darem ook ‘n paar positiewe dinge om in ag te neem. “Jy is baie anders, jy is uniek, en mense is soortvan daarna aangetrokke.

Lees ook: Die vyf-minuut kaaskoek waarvan almal praat

‘Dis ‘n geskenk’

“Ek hoop dat alle lang vroue sal besef die lengte is ‘n geskenk en dat jy nie skaam daaroor hoef te wees dat jy lank is nie.

Traci se linkerbeen meet 135.267cm en haar regterbeen 135.3cm.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: