Statutêre verkragting: Oud laerskool-sportafrigter in aanhouding

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – ‘n Man en voormalige sportafrigter van ‘n laerskool in Kimberley is tans in aanhouding oor hy van statutêre verkragting aangekla word.

Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder in Kimberley, sê sy kan bevestig hy is in die aanhoudingselle. “Hy het ‘n meisie vyf keer oor ‘n sekere tydperk verkrag,” sê sy.

Volgens ‘n ingeligte bron was die man ‘n sportafrigter by die laerskool.

Jansen sê hy sal Maandag in die hof verskyn.

FiND iT wag nog vir verdere inligting van die polisie.