April 18, 2021

Ma en dogter op kleinhoewe aangeval

Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie is steeds opsoek na die twee mans.

Ma en dogter op kleinhoewe aangeval

Ma en dogter op kleinhoewe aangeval Foto: thelandgroup.us

OOS-RAND. – ‘n Ma en dogter het steekwonde opgedoen toe hulle Donderdagoggend vroeg in hulle huis op ‘n kleinhoewe in die Witpoortjie-omgewing, Brakpan, aangeval is.

Ma en dogter het lê en slaap

Kapt. Pearl van Staad, polisiewoordvoerder, sê die twee slagoffers het gelê en slaap toe hulle net na 01:00 twee mans in hulle kamer gewaar het. Volgens Van Staad het die verdagtes vermoedelik toegang tot die huis deur die kombuisdeur gekry.

Steeds op soek na verdagtes

Die mans het na bewering die ma en dogter met ‘n skerp voorwerp begin steek. Die ma het steekwonde aan haar linkerskouer en linkerbors opgedoen. Die dogter het net ‘n steekwond aan haar skouer. Die verdagtes het daarna met ‘n selfoon en drie salke vol klere gevlug.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie is steeds op soek na die twee mans.

LEES OOK: Hoërskoolseun steeds vermis na leerders hom laaste sien

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: