PAARL. – Die hoërskoolseun, Emiel Smit (18), wat Woensdag in die Agter-Paarl laaste deur sy mede-leerders van Hoër Landbouskool Boland by die skool gesien is, is steeds vermis.
Die skool het in ‘n verklaring gesê die ondersoek het genoegsame bewyse opgelewer dat Smit nie op die skoolgronde is nie (die skoolgronde sterk oor ‘n gebied van 1 000 hektaar). Die moontlikheid dat Smith die skoolgronde vrywillig verlaat het, word ook ondersoek, lui die verklaring. Die ondersoek op die skoolterrein en plaas is vandag beëindig.
Hoërskool steeds vermis na almal help soek
“Emiel is laaste in sy skooldrag op ‘n grondpad op die skool se eiendom gesien. Hy woon in die skool se koshuis. Die SAPS, Farm Watch en lede van die gemeenskap het almal na hom in die area help soek,” sê kol. Andre Traut, polisiewoordvoerder.
Pink Ladies het ook intussen sy foto en inligting op hulle Facebook-blad gesit.
Enige persoon met inligting oor Smit se verdwyning of wat kan help om hom op te spoor, word vriendelik versoek om Crime Stop by 08600 10111 te kontak.
LEES OOK: Hoërskoolseun vermis, soektog duur steeds voort
LEES OOK: KYK: Video waarin ‘honde-oppassers’ hond glo mishandel veroorsaak oproer
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



