April 17, 2021

DBV se nuwe reël- Hoe voel jy hieroor?

Charne sê sy voel dis belaglik omdat daar van haar honde verwag word om goed te reageer in 'n vreemde plek waar 'n klomp ander honde vir hulle gaan blaf

(Foto: IOL) Charne sê sy voel dis belaglik omdat daar van haar honde verwag word om goed te reageer in 'n vreemde plek waar 'n klomp ander honde vir hulle gaan blaf

KIMBERLEY.- Charne van der Merwe, ‘n inwoner van hier, sê haar mening oor die DBV se nuwe reël is belaglik. Sy is in die proses om ‘n hond aan te neem en is goedgekeur, maar nou moet sy al drie haar honde na die DBV neem om binne ‘n kwessie van minute aan die nuwe hond gewoond te raak.

Charne sê sy voel dis belaglik omdat daar van haar honde verwag word om goed te reageer in ‘n vreemde plek waar ‘n klomp ander honde vir hulle gaan blaf. Sy voel haar honde het meer tyd nodig om aan die nuwe hond gewoond te raak en moet een-een aan mekaar voorgestel word.

“Ek het drie jaar gelede ook ‘n hond aangeneem en my ander twee honde wou haar eers doodbyt en vandag kan hulle nie sonder mekaar nie.

Simone Starbuck sê sy verstaan die DBV moet streng wees, maar dis bietjie te erg, aangesien die DBV reeds oorvol is en baie diere die laaste ruk van hul lewens in klein hokkies deurbring.

Christene Schoonbee sê dis as gevolg van hierdie reëls van die DBV dat die diere so baie uitgesit word.

“In 2019 het ek ook probeer om ‘n woef aan te neem. Van die hele proses was die ontmoetings die ergste. Ek het hulle mooi gevra kan ek nie asseblief my boerboelseun by die kar hou nie omdat hy van dieselfde plek af kom.
Toe die dag kom, moes ek hul deurvat hokke toe. Die hok was heel laaste en ek het soos ‘n vieslike vark gevoel. Die een wat die hond moes vashou, het baie gesukkel, die halsband was later oor sy kop. Nooit ooit weer doen ek dit aan my honde nie.”

DBV se nuwe reël is die veiligste manier

Chane de Kock sê weer jy kan nie net honde saamgooi en hoop dit werk nie. Partykeer werk dit, maar as dit verkeerd gaan, kan dit veroorsaak dat ‘n sosiale hond nooit weer by ander honde geplaas kan word nie.

“Vreemde honde moet mekaar op ‘n neutrale gebied ontmoet, aangesien hulle territoriaal is. Ek weet dis ‘n groot probleem, maar dis die veiligste manier. Dit word aanbeveel deur hondegedragskenners.”

Dit wil blyk asof die DBV se nuwe reël baie mense afskrik daarvan om diere by hulle aan te neem.

FiND iT het die NDBV gekontak oor die reël, maar wag nog vir terugvoer.

Lees ook: Bye val honde aan

1 thought on “DBV se nuwe reël- Hoe voel jy hieroor?

  1. Honde moet rustag anmekaar voorgestel word. Waar daar nie ander inteveerings is nie.dis wat ek oor die jare al geleer het. Om n hond heel te verwar gani werk ni.wat se fona en flora hiervan.daar is geen manier hoe mens dit gan regkry nie.jou omgewing en houding met die honde moet reg wees.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: