Bloemfontein-man (60) vermis, polisie vra gemeenskap se hulp

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT – Die polisie by die Bainsvlei-polisiekantoor is op soek na die vermiste Bloemfontein-man, Sydney James Cooper (60), wat in Langenhoven Park woonagtig is.

Bloemfontein-man Dinsdag laas gesien

Hy is laas op Dinsdag 23 Maart 2021 gesien in ‘n wit Suzuki Swift-registrasienommer ND 891 739. Hy is deur sy suster as vermis aangemeld.

Gee enige inligting aan polisie

Enige lid van die publiek wat inligting het oor waar hy hom kan bevind, word versoek om sers. Teboho Walter Samusho by 068 073 1408 te skakel. Of Crime Stop Number 0860010111 te bel. Die inligting kan ook via die SAPS-app verskaf word.

LEES OOK: Hoërskoolseun vermis, soektog duur steeds voort

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.