BLOEMFONTEIN. – Die vermiste Bloemfontein-man, Sydney James Cooper (60), wat op 23 Maart as vermis aangemeld is, se liggaam is vandag in ‘n kamer in ‘n gastehuis gevind.
Die polisie by die Parkweg-polisiekantoor het vanmiddag ‘n oproep van ‘n gastehuis ontvang om die lyk in een van die gastehuise se eenhede te kom ondersoek.
Vermiste Bloemfontein-man se liggaam geïdentifiseer
LEES OOK: Bloemfontein-man (60) vermis, polisie vra gemeenskap se hulp
“’n Span is gestuur om die saak te ondersteun. Die lyk van die man is gevind en die suster van Sydney Cooper is laat kom om te bevestig of dit wel haar broer is. Die familielid het die liggaam positief as Sydney James Cooper geïdentifiseer,” sê brig. Motants Makhele, polisiewoordvoerder.
‘n Dossier is geopen om die oorsaak van die dood van Cooper te ondersoek.
LEES OOK: Hoërskoolseun steeds vermis na leerders hom laaste sien
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



