Die Energie- en Metallurgiese Spesiale Ekonomiese Sone (EMSEZ), ‘n projek wat vir Limpopo beplan word, kan dalk meer as 109 000 beskermde kremetart- en maroelabome in die slag laat bly.
Lees ook: Pa maak twee dogters groot – sonder arms of bene
Dié projek, wat deur die regering goedgekeur is, maak deel uit van ‘n bilaterale ooreenkoms tussen China en Suid-Afrika.
China beplan om teen 2024 die 8 000 hektaar tussen Musina en Makhado af te handel.
Die projek sal volgens ‘n omgewingsimpakstudie deur Delta Built Environmental Consultants wat verlede maand uitgereik is, bedrywe soos staal- en sementfabrieke teen ‘n beraamde R247,8 miljard oprig en om daarvoor plek te maak, sal altesaam 209 000 beskermde Suid-Afrikaanse bome afgekap moet word.
Lees ook: Baba sterf van honger toe ma haar vir 6 dae alleen los om 18de te vier



