April 19, 2021

Seun (6) vind fossiel van 488 miljoen jaar oud in sy agterplaas

“Ek was net besig om na wurms of stukkies steen te soek,” vertel Jhamat. “Toe kom ek op ‘n stukkie klip wat soos ‘n horing lyk af.”

Seun (6) vind fossiel van 488 m. jaar oud in sy agterjaard (Foto: Daily Mail)

Seun (6) vind fossiel van 488 m. jaar oud in sy agterjaard (Foto: Daily Mail)

WALSALL. – Die sesjarjge Siddak Sing Jhamat sê hy was ‘opgewonde’ om ‘n fossiel van tussen 251 en 488 miljoen jaar gelede agter in sy erf te vind toe hy met ‘n stelletjie wat hy vir Kersfees gekry het na wurms op soek was.

Dié seun het ‘n “horingkoraal”, moontlik ‘n Rugosa-koraal, agter in sy erf gevind. Hy het die volgende dag op ‘n crinoid, die tentakel van ‘n inkvis, molluske en ‘n seeskulpie afgekom.

Lees ook: Baba sterf van honger toe ma haar vir 6 dae alleen los om 18de te vier

“Ek was net besig om na wurms of stukkies steen te soek,” vertel Jhamat. “Toe kom ek op ‘n stukkie klip af wat soos ‘n horing lyk. Ek het gedink dit kan dalk ‘n tand of ‘n klou of ‘n horing wees. Ek was baie opgewonde om te weet wat dit is.”

Vish Singh, Jhamat se pa, het gesê die gesin was verras om die vreemd gevormde fragment te sien.

Singh het die fragmente geïdentifiseer deur middel van ‘n fossiel- Facebook-groep.

Hy het gesê die koraal dateer terug na 251 tot 488 miljoen jaar gelede. Engeland was in dié tyd deel van Pangea.

Lees ook: Pa maak twee dogters groot – sonder arms of bene

Die gesin het ook gesê die area is nie bekend vir fossiele wat daar opgegrawe is nie. Hulle beplan om Burmingham University of Geology van hulle ontdekking te vertel.

“Baie mense het kommentaar gelewer oor hoe wonderlik dit is om iets agter in die erf te vind. Hulle sê mens kan fossiele enige plek kry as jy mooi genoeg daarvoor soek!”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: