April 19, 2021

Baba sterf van honger toe ma haar vir 6 dae alleen los om 18de te vier

Kudi (nou 19) staan tereg op aanklag van strafbare manslag.

Baba sterf van honger toe ma haar vir 6 dae alleen los om 18de te vier (Foto: The Scottish Sun)

Baba sterf van honger toe ma haar vir 6 dae alleen los om 18de te vier (Foto: The Scottish Sun)

ENGELAND. – Maatskaplike dienste is tans besig met ’n ondersoek na ’n 20 maande oue babatjie dood is na haar ma haar vir ses dae lank alleen gelos het om haar agttiende verjaardag te vier.

Verphy Kudi het haar baba, Asiah, vir ses dae alleen gelos. Sy het Engeland vol gaan toer om haar verjaardag te vier en haar dogtertjie het intussen van die honger doodgegaan.

Kudi (nou 19) staan tereg op aanklag van strafbare manslag.

Lees ook: Meisie (17) haal Guinness World Record vir die langste bene

Sekuriteitskameras wys hoe Kudi haar woonstel in Brighton op 5 Desember 2019 verlaat en eers weer op 11 Desember terugkeer. Toe sy by haar woonstel aankom, het sy nooddienste gebel en gesê iemand moet haar kom help, want haar baba word nie wakker nie.

Inligting wat intussen deur owerhede bymekaargemaak is, dui daarop dat Kudi partytjies in Londen, Coventry en Solihull bygewoon het voor sy na Brighton teruggekeer het.

Lees ook: Seun begin op 15 studeer en kry sy graad nog voor matriek

In die ses dae wat Kudi weg was, het Asiah gedehidreer, influensa opgedoen en van die honger doodgegaan. Sy is op die toneel dood verklaar.

Kudi word in Mei gevonnis. – The Telegraph

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: