April 18, 2021

Drie dood toe trein in motor vasry

“Ek probeer self nog sinmaak van hoe dit gebeur het,” sê hy. “Dis ‘n tragiese ongeluk.”

Drie dood toe trein in motor vasry (Foto: Verskaf)

Drie dood toe trein in motor vasry (Foto: Verskaf)

KOOPMANSFONTEIN. – Drie mense is dood na ‘n botsing tussen ‘n trein en ‘n motor Sondagmiddag naby die Koopmansfontein- en Silverstreams-kruising plaasgevind het.

Tom Watson, gevorderde lewenssorg-paramedikus vir ROCKET-lugambulans, was op die toneel ná die ROCKET-lugambulans na die toneel uitgeroep is. Craig Coleman en Wessel Nel was die vlieëniers. Daniel Oosthuizen was die ander ROCKET-paramedikus op die toneel.

Watson sê die motor het oor die treinspoor gery toe ‘n trein die motor getref het.

“Ek probeer self nog sinmaak van hoe dit gebeur het,” sê hy. “Dis ‘n tragiese ongeluk.”

Niemand anders het in die ongeluk seergekry nie. Die name van die oorledenes is nou bekend. Lees hier.

Kontak ROCKET in ‘n noodgeval by 087 288 55 55.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: