April 18, 2021

Tragiese Koopmansfontein-treinongeluk eis drie jong lewens

Die ongeluk het Sondagmiddag omstreeks 13:00 naby die Koopmansfontein- en Silverstreams-kruising plaasgevind. Die motor waarin die drie oorledenes was, het oor ‘n treinspoor gery toe ‘n trein in hulle vasgery het.

Tragiese Koopmansfontein-treinongeluk eis drie jong lewens (Foto's: Facebook)

Tragiese Koopmansfontein-treinongeluk eis drie jong lewens (Foto's: Facebook)

KOOPMANSFONTEIN. – Medelye stroom in op sosiale media na Tersia van der Merwe, Sarah Jane en Jesse Isemonger Sondagmiddag in ‘n tragiese ongeluk naby die Koopmansfontein- en Silverstreams-kruising oorlede is.

Die ongeluk het Sondagmiddag omstreeks 13:00 naby die Koopmansfontein- en Silverstreams-kruising plaasgevind. Die motor met die drie oorledenes het oor ‘n treinspoor gery toe ‘n trein hulle getref het.

“Ek onthou jou nog as die klein dogtertjie op die plaas met die perde. Jou liefde vir die plaas en perde, diere en jou familie was iets om te admireer,” skryf Venessa Williams op Tersia se Facebook-blad.

“Aan haar familie, ek is so jammer oor jul hartseer. Sy was ‘n kosbare pêrel,” skryf Nicolene Nickey Ras op Sarah se Facebook-blad.

Lees ook: Só maak jy jou naellak in ‘n japtrap droog

Op Jesse se Facebook-blad skryf Loanie Sylvia Bekker: “My witkop sproetjie kind. Liewe Jesus het jou kom haal vandag. Ek bid dat jou mamma, sus en pappa die krag sal hê om te kan aanvaar. Ons gaan jou almal so Baie mis…”

FiND iT het voorheen berig Tom Watson, gevorderde lewenssorg-paramedikus vir ROCKET-lugambulans, was op die toneel ná die ROCKET-lugambulans na die toneel uitgeroep is.

“Ek probeer self nog sin maak van hoe dit gebeur het,” sê hy. “Dis ‘n tragiese ongeluk.”

Hou FiND iT dop vir meer inligting wat later sal volg.

Lees ook: President Ramaphosa na verwagting aan die woord oor Paasfees-inperkings

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: