MOSAMBIEK. – Die Mosambiekse regering het bevestig dat ‘n groot aantal mense reeds dood verklaar is na die ekstremiste-aanval wat Woensdag in Mosambiek plaasgevind het.
Adrian Nel, een van die Suid-Afrikaners wat in Mosambiek vermis was, is nou ook dood verklaar.
Lees ook: President Ramaphosa na verwagting aan die woord oor Paasfees-inperkings
Sy ma, Meryl Knox, het sy dood aan die media bevestig. Haar man en haar ander seun het saam met Nel se liggaam in die bosse weggekruip tot hulle die volgende dag in Pemba kon gaan skuiling vind.
Nel het sedert 8 Januarie as kontrakteur in dié area gewerk.
“Ek voel my seun moes nie sterf nie. Ek voel daar moes meer hulp gewees het. Die Mosambiekse weermag het hulle nie probeer beskerm nie,” sê Knox.
Lees ook: Pa maak twee dogters groot – sonder arms of bene
Sy beskryf Nel as ‘n “vreugdevolle” persoon. “Hy het liefde, vreugde en vriendelikheid uitgestraal aan almal wat hy ontmoet het. Hy was net die hart van die familie en ‘n sonstraal.” – Sky News



