April 19, 2021

Babanaam huldeblyk aan Steve Irwin

Grace is vernoem na my oumagrootjie en familielede in die familie van Chandler wat dateer uit die 1700’s.

Babanaam huldeblyk aan Steve Irwin

Babanaam huldeblyk aan Steve Irwin Foto: Instagram

Wyle Steve Irwin, bekende Australiese dieretuinopsigter- en krokodiljagter, se dogter, Bindi Irwin, het onlangs geboorte gegee en het haar baba se naam gebruik om ‘n huldeblyk aan haar pa te bring.

Bindi Irwin (22) het op 25 Maart 2021 aan haar en haar man, Chandler Powell (24), se  eersteling, ’n dogtertjie geboorte gegee. Hulle het die dogtertjie Grace Warrior Irwin Powell genoem as huldeblyk aan haar pa, Steve Irwin. Die paartjie was ook op dieselfde dag een jaar getroud.

LEES OOK: Maklikste Oreo-roomys ooit

Steven Irwin oorlede

Bindi Irwin was maar agt jaar oud toe haar pa op 4 September 2006 oorlede is. Steve is dood nadat hy in die bors deur ’n pylstertvis gesteek is terwyl hy besig was om Great Barrier Reef te verfilm. Hy het eers aanvanklik gedink net sy longe is beskadig, maar die die pylstertvis het hom egter deur sy hart gesteek en hy het homself doodgebloei. Hy is by die hospitaal dood verklaar.

LEES OOK: Verhouding met ’n enkelouer – hoe om dit te maak werk

Babadogtertjie gebore

Bindi het op haar Instagram-profiel gesê: “25 Maart 2021. Vier die twee liefdes in my lewe. Gelukkige eerste huweliksherdenking aan my geliefde man en geboortedag aan ons pragtige dogter. Grace Warrior Irwin Powell. Ons grasieuse vegter is die mooiste lig. Grace is vernoem na my oumagrootjie en familielede in die familie van Chandler wat dateer uit die 1700’s. Haar middelname, Warrior Irwin, is ’n huldeblyk aan my pa en sy nalatenskap as die ongelooflikste Wildlife Warrior. Haar van is Powell en sy het al klaar so ’n vriendelike siel net soos haar pa. Daar is geen woorde om die oneindige liefde in ons harte vir ons lieflike babadogtertjie te beskryf nie. Sy het die perfekte dag gekies om gebore te word en ons voel geweldig geseënd.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: