Almal is mal oor Oreos, maar Oreo-roomys kan soms duur wees. Tuisgemaakte Oreo-roomys kan dalk te lank vat om te maak. Hier is ’n maklike manier om die lekkerste Oreo-roomys te maak vir wanneer jy nie so lank wil wag nie.
LEES OOK: Inspirasie vir die dag – Hoe om ’n warboel emosies te hanteer
Bestanddele:
- 1 pakkie Oreos
- melk
- Sjokolade van jou keuse (om te smelt)
- neute (opsioneel)
- 1 teelepel kokosneutolie
Metode:
- Breek al die Oreos in die pakkie voordat jy die pakkie oopmaak. Dit is ’n goeie idee om ’n koekroller te gebruik.
- Maak die pakkie aan die een kant oop en gooi melk in totdat al Oreos toe is onder die melk.
- Meng met ’n vurk.
- Druk ’n roomysstokkie in die melk-mengsel.
- Sit die pakkie regop in ’n koppie en sit dit in die vrieskas.
- Wanneer die roomys gevries is, smelt die sjokolade oor lae hitte en voeg ’n teelepel kokosneutolie by.
- Roer die sjokolade tot gesmelt.
- Gooi gesmelte sjokolade in ’n lang koppie.
- Meng neute by die gesmelte sjokolade in, indien jy sou wou.
- Haal die roomys uit die vrieskas en trek die pakkie af.
- Druk die roomys in die gesmelte sjokolade tot heeltemal bedek.
- Sit die roomys vir ’n paar minute in die yskas tot die sjokolade gestol het.
- Geniet.
LEES OOK: Verhouding met ’n enkelouer – hoe om dit te maak werk



