April 21, 2021

Verhouding met ’n enkelouer – hoe om dit te maak werk

Hoe jy wys jy is ernstig sonder om te gou betrokke te raak?

Verhouding met ’n enkelouer – hoe om dit te maak werk

Verhouding met ’n enkelouer – hoe om dit te maak werk

Jy het iemand great ontmoet. Die persoon is snaaks, slim en sterk, maar ook ’n enkelouer. Hoe kan jy die verhouding laat werk? Hoe jy wys jy is ernstig sonder om te gou betrokke te raak?

Wenke oor hoe om ’n verhouding met ’n enkelouer te laat werk:

LEES OOK: Vrou doodgeskiet, glo teikenmoord

  • Onthou altyd dat ’n verhouding met ’n enkelouer anders is as een met iemand wat nie kinders het nie. Die tyd en energie van enkelouers is beperk. Hulle meeste tyd en energie gaan na die versorging van kinders.
  • ’n Bonus is dat meeste enkelouers reeds weet wat hulle uit die lewe en verhoudings wil hê.
  • Aanvaar dat kinders altyd die eerste prioriteit sal wees.
  • Hy/sy sal jou nie so gereeld kan sien soos wat julle albei graag wil nie.
  • Vermy om sy/haar kinders te dissiplineer.
  • As jy bekommerd is oor die kinders se gedrag, gesels privaat met jou maat daaroor.
  • Bly weg van enige drama met sy/haar eks.
  • Dit is belangrik om die verhouding tyd te gee om te ontwikkel. Moenie haastig wees om saam in te trek of verloof te raak nie. Neem dit eerder stadig en fokus op die ontwikkeling van vertroue voordat julle die verhouding na die volgende vlak neem.
  • Bied emosionele ondersteuning.
  • Wees betroubaar.
  • Laat jou verhouding met haar of sy kinders natuurlik ontwikkel.

LEES OOK: Hoe om jou kind se selfvertroue te bou

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: