April 19, 2021

Hoe om jou kind se selfvertroue te bou

Moedig oefening aan om bevoegdheid op te bou.

Hoe om jou kind se selfvertroue te bou

Hoe om jou kind se selfvertroue te bou

Selfvertroue is een van die grootste geskenke wat ouers hulle kinders kan gee. Die grootste vyand van selfvertroue is ontmoediging en vrees.

LEES OOK: Prokureur wat van SAPS-bedrog verdink word, uit op borg

Hier is 14 wenke om ’n selfversekerde kind groot te maak:

  • Waardeer jou kinders se pogings, maak nie saak of hulle wen of verloor nie.
  • Moedig oefening aan om bevoegdheid op te bou.
  • Laat hulle self probleme uitsorteer.
  • Moedig nuuskierigheid aan.
  • Gee hulle nuwe uitdagings.
  • Moenie kortpaaie vat of uitsonderings vir jou kind maak nie.
  • Moet nooit hul optrede kritiseer nie.
  • Behandel foute as boustene vir leer.
  • Maak die deur oop vir nuwe ervarings.
  • Moenie vir hulle sê as jy bekommerd is oor hulle nie.
  • Bied jou hulp en ondersteuning aan, maar nie te veel daarvan nie.
  • Prys hul moed om iets nuuts te probeer.
  • Vier die opwinding van leer.
  • Moenie toelaat dat hulle van die werklikheid ontsnap deur al hul tyd op die internet te spandeer nie.

LEES OOK: Brand ons ons kinders uit?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: