Gedraaide kaasbrood – resep
Meng meel met sout, maak ’n holte in die middel en voeg gis, suiker, melk, botter en eier daarin.

Gedraaide kaasbrood – resep
Hierdie resep maak ’n heerlike en prettige voorgereg vir enige ete. Probeer dit gerus.
Bestanddele:
- 375 g (1 ⅝ koppie) meel
- 7 g droë gis
- 3 g (1 teelepel) sout
- 180 ml (¾ koppie) warm melk
- 45 g (¼ koppie) botter, gesmelt
- 1 eier
- 125 g (1 koppie) gerasperde kaas
- 3 eetlepels gekapte pietersielie
- Sagte botter
LEES OOK: Man (91) in hegtenis wat glo vriendin se dogter verkrag
Metode:
- Meng meel met sout, maak ’n holte in die middel en voeg gis, suiker, melk, botter en eier daarin.
- Meng al die nat bestanddele saam en begin dan die meelmengsel bietjie-bietjie by te voeg.
- As die deeg klonte maag, knie tot glad.
- Vorm dit in ’n bal en hou eenkant vir ’n uur.
- Sny die deeg in kwarte, rol elkeen in ’n bal en rol in ’n reghoek uit.
- Smeer twee reghoeke met botter, voeg kaas en pietersielie bo-oor en bedek met nog twee lae deeg.
- Rol met ’n deegroller effens en sny dan in repies.
- Draai die repies saam en smeer nog botter tussen-in.
- Plaas die deeg op ’n bakplaat en laat dit vir 20 minute rus.
- Smeer dan met eier en bak by 180°c vir 25 minute.
LEES OOK: Prokureur wat van SAPS-bedrog verdink word, uit op borg
