April 19, 2021

Ondersteuners by hof om Hector van ‘dieremishandeling’-video te ondersteun

“Geldelike skenkings kan steeds direk aan die SAPC-Cape of Good Hope in die volgende rekening gemaak word.”

Ondersteuners by hof om Hector van ‘dieremishandeling-video’ te ondersteun

Ondersteuners by hof om Hector van ‘dieremishandeling-video’ te ondersteun Foto: Van Niekerk en Jansen van Rensburg Prokureurs, Facebook

HERMANUS. – Ondersteuners word al van gister af uitgenooi om Hector se familie vandag by die hof te kom ondersteun waar die twee persone wat in die video is, verskyn.

Die twee in die bekende “dieremishandeling-video” verskyn vandag in die Hermanus-landdroshof. FiNDiT het vroeër berig Van Niekerk en Jansen van Rensburg Prokureurs het bekendgemaak die man en die vrou in die video is amptelik aangekla.

Ondersteuners by hof kan ook donasies gee

LEES OOK: Man en vrou in ‘dieremishandeling -video’ verskyn dan in hof

“Ons sal Hector en sy gesin ondersteunsteun deur ‘n mobiele skenkingstasie op te stel vir alle skenkings vir hondekos, komberse en speelgoed. Geldelike skenkings kan steeds direk in die SAPC-Cape of Good Hope se rekening betaal word,” sê Van Niekerk en Jansen van Rensburg Prokureurs.

Mense staan al van vanoggend om 08:00 reeds buite die hof met baniere.

Die saak is na NSPCA verwys

Die voorval het tussen 20 en 23 Maart gebeur. Die video waarin ‘n man en vrou, glo van ‘n bekende huis- en troeteldieroppasdiens, verskyn en dit lyk of hulle Hector, ‘n Bokser, slaan en daarna by die deur uitgooi, het sosialemediagebruikers woedend.

Die Nasionale Raad van Verenigings ter voorkoming van wreedheid teenoor diere (NSPCA) het ook in die begin van die week aan FiNDiT bevestig die saak is na hulle verwys.

LEES OOK: Hector heel oukei, sê eienaar na video oor beweerde dieremishandeling

LEES OOK: KYK: Video waarin ‘honde-oppassers’ hond glo mishandel veroorsaak oproer

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: