April 19, 2021

Hector heel oukei, sê eienaar na video oor beweerde dieremishandeling

Die Nasionale Raad van Verenigings ter voorkoming van wreedheid teenoor diere (NSPCA) het aan FiNDiT bevestig die saak is na hulle verwys.

Hector heel oukei, sê eienaar na beweerde dieremishandeling video

Hector heel oukei, sê eienaar na beweerde dieremishandeling video Foto: Facebook

HERMANUS. – Hector, die sewe maande oue Bokser, wat glo deur ‘n bekende huis- en troeteldieroppasdiens op Hermanus mishandel is, is heel oukei, ten spyte van die trauma waardeur hy is.

“Van Hector en sy gesin, baie dankie aan die Hermanus-gemeenskap vir al hul ondersteuning, boodskappe en om op te staan vir ons diere se regte. Baie dankie aan almal op sosiale media wat bewusmaking geskep het deur Hector se verhaal wyd en syd te deel,” skryf Hector se eienaar op haar Facebook-blad.

Prokureur help Hector se eienaar

Die voorval het tussen 20 en 23 Maart gebeur. ‘n Video oor die voorval het vinnig op sosiale media versprei en het die mense woedend gehad. In die video lê Hector op sy bed. ‘n Man begin dan die hond slaan en daarna word die hond opgetel en by die deur uitgegooi.

Verder sê Hector se eienaar daar is ‘n saak teen die vrou en die man in die video geopen. Luan van Niekerk van Van Niekerk en Jansen van Rensburg Prokureurs het aangebied om hul met die saak te help, sonder vergoeding.

FiNDiT het ook gister berig die Nasionale Raad van Verenigings ter voorkoming van wreedheid teenoor diere (NSPCA) het bevestig die saak is na hulle verwys.

LEES OOK: KYK: Video waarin ‘honde-oppassers’ hond glo mishandel veroorsaak oproer

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: