April 19, 2021

1400 in hegtenis geneem vir verskeie misdade die naweek

Volgens die polisie is bevind dat die meestse oortreders ernstige en gewelddadige misdade gepleeg het.

1400 in hegtenis geneem vir verskeie misdade die naweek

1400 in hegtenis geneem vir verskeie misdade die naweek Foto: ewen.co.za

PARKTOWN. – Die polisie in Gauteng het die naweek ongeveer 1400 mense in hegtenis geneem en beslag gelê op 15 ongelisensieerde vuurwapens.

Polisielede het ook ‘n dwelmhandelaar in Zola, Soweto, vasgetrek nadat inligting van die gemeenskap ontvang is. Die verdagte het na bewering 25 Mandrax-pille in sy besit gehad. Sy eiendom is ook deur die polisie deursoek en meer as 230 liter toegedraaide dagga is glo gevind. Die verdagte word aangekla vir die besit en handel in dwelms.

LEES OOK: Man jaag glo om sterwende vrou te groet, word in hegtenis geneem

1400 in hegtenis ma stop-en-deursoek-aktiwiteit

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê meer as 520 verdagtes is in Sedibeng en Wes-Rand in hegtenis geneem vir misdade wat wissel van aanranding, roof, die besit van vermoedelik gesteelde eiendom, verkragting, aanranding met die doel om ernstig te beseer, poging tot moord, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en die besit van dwelms.

Al 1400 verdagtes is tydens ‘n gewone stop-en-deursoek in verskillende dele van die provinsie in hegtenis geneem. Volgens die polisie is bevind dat die meeste oortreders ernstige en geweldsmisdade gepleeg het.

Almal wat in hegtenis geneem is sal na verwagting binnekort in die landdroshof verskyn.

LEES OOK: Man en vrou in ‘dieremishandeling -video’ verskyn dan in hof

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: