April 19, 2021

Man jaag glo om sterwende vrou te groet, word in hegtenis geneem

Sy is later oorgeplaas en was vir die afgelope twee weke in die Lentegeur-hospitaal.

Man jaag glo om sterwende vrou te groet, word in hegtenis geneem

Man jaag glo om sterwende vrou te groet, word in hegtenis geneem Foto: Unsplash.com

KAAPSTAD. – ‘n Man, Arnold Tembo (70), is in hegtenis geneem vir spoed toe hy glo na sy sterwende vrou gejaag het om haar te groet. Hy en sy vrou was 36 jaar getroud.

Tembo vertel aan Daily Voice hy en sy vrou, Joan (74), het albei positief vir Covid-19 getoets. Hy sê verder sy het water op die longe gekry en moes na die Groote Schuur-hospitaal geneem word. Sy is later oorgeplaas en was vir die afgelope twee weke in die Lentegeur-hospitaal.

Man sê hy jaag na hospitaal

Daar word verder berig Tembo het op dié dag ‘n oproep van die dokter gery om te sê dit gaan nie goed met sy vrou nie en hy moet haar gaan groet.

Terwyl hy inderhaas na die hospitaal gejaag het, is hy deur die polisie vir spoed afgetrek en na die Manenberg-polisiekantoor geneem. Tembo sê verder hy is na drie ure later vrygelaat, maar sy vrou was reeds dood.

Hy en sy vrou was positief vir Covid-19 getoets

Maxine Bezuidenhout, verkeersbeampte, sê afgesien van die feit dat hy byna teen ander voertuie gebots het, het ook die lewens van ander motoriste in gevaar gestel.

Arnold sal na verwagting in April in die Athlone-landdroshof verskyn en beoog glo om die aanklagte te beveg.

LEES OOK: Man en vrou in ‘dieremishandeling -video’ verskyn dan in hof

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

BRON: Daily Voice

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: