Paramedici probeer 40 minute om kind se lewe te red na verdrinking

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN. – ‘n Seun (13) is deur paramedici dood verklaar en vier ander is in die hospitaal opgeneem na ‘n verdrinkingsvoorval op North Beach in Durban die naweek.

ER24-paramedici het om 12:20 op die toneel opgedaag. Die lewensredders was reeds besig om resussitasie op die jong seun te doen terwyl ander lewensredders twee meisies van 8 en 13 jaar oud behandel het.

Paramedici pas 40 minute resussitasie toe

LEES OOK: Ma en dogter op kleinhoewe aangeval

Paramedici het onmiddellik die resussitasie oorgeneem en die kind gevorderde lewensondersteuning gebied. Na 40 minute was daar geen tekens van lewe nie en die kind is dood verklaar. Die twee meisies is behandel en na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere behandeling. Twee ander kinders is privaat vervoer voor die paramedici se aankoms.

Die besonderhede rakende hierdie voorval is onbekend, maar is aan die plaaslike owerhede gerapporteer.

LEES OOK: Hoërskoolseun steeds vermis na leerders hom laaste sien

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.