April 21, 2021

Chemikalieë wat penisse laat krimp in gesigsmaskers gevind

Swan se navorsing het ook ontdek dat rotte wat aan phthalates blootgestel is, met gekrimpte geslagsdele gebore is.

Chemikalieë wat penisse laat krimp in gesigmaskers gevind (Foto: STAT News)

Chemikalieë wat penisse laat krimp in gesigmaskers gevind (Foto: STAT News)

Dr. Shanna Swan, ‘n professor van Environmental Medicine & Public Health by Mount Sinai Health System, waarsku in ‘n nuwe boek gewaarsku teen ftalate (phthalates). Ftalate is chemikalieë wat soms gebruik word in die vervaardiging van plastiek om dit sagter te maak. Dit kan moontlik veroorsaak dat mans se penisse krimp en hulle vrugbaarheid afneem.

Gesigsmaskers bevat toksiese chemikalieë

‘n Studie toon nou dat die mikroplastiek wat in die vervaardiging van gesigsmaskers gebruik word ‘n aantal toksiese chemikalieë, insluitend ftalate, bevat.

Lees ook: Pa maak twee dogters groot – sonder arms of bene

Swan se boek, Count Down: How Our Modern World Is Threatening Sperm Counts, Altering Male and Femal Reproductive Development, and Imperilling the Future of the Human Race, waarsku dat die mensdom ‘n eksistensiële krisis in die oë staar as dit kom by vrugbaarheidsvlakke en dat meeste mans teen 2045 onvrugbaar gaan wees.

Ftalate laat geslagsdele krimp

Swan se navorsing het ook ontdek rotte wat aan ftalate blootgestel is, met gekrimpte geslagsdele gebore is.

Lees ook: Seun (6) vind fossiel van 488 miljoen jaar oud in sy agterplaas

Selfs die CDC, wat sê die impak van ftalate op die mens se gesondheid is nog “onbekend”, sê sommige tipe het die voortplantingstelsel van sommige laboratoriumdiere beïnvloed.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: