Kby – sportmeneer-verkragtingsaak uitgestel

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die voormalige sportmeneer van ‘n bekende laerskool in Kimberley het vandag in die Kimberley-landdroshof op aanklagte van statutêre verkragting verskyn.

Hy word daarvan aangekla dat hy ‘n 13-jarige meisie oor ‘n tydperk verkrag het terwyl hy met haar ma uitgegaan het.

Lees ook: SA’ner Adrian Nel dood in Mosambiek-aanval

Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, sê die voorval het in Oktober 2020 plaasgevind.

Die saak is uitgestel tot 7 April.

Lees ook: Tragiese Koopmansfontein-treinongeluk eis drie jong lewens