EGIPTE. – Die vragskip van 400 m, Ever Given, wat vir byna ‘n week in die Suez-kanaal in Egipte vasgesit het, is vanoggend ongeveer 04:30 weer gedeeltelik vlot gemaak.
Inchcape Shipping, wêreldwye verskaffer van mariene dienste, het dié vordering op Twitter bekendgemaak.
Lees ook: Tragiese Koopmansfontein-treinongeluk eis drie jong lewens
Die Ever Given het verlede Dinsdag na ‘n hewige wind in die Suez-kanaal vasgesteek.
Die skeepsverkeer het dus van Dinsdag af tot stilstand gekom toe dié roete, die kortste roete vir skepe van Europa tot Asië, geblokkeer is.



