April 19, 2021

Soektog na swanger vrou en dogter (5) steeds aan die gang

Haar familie is bekommerd dat sy nie nodige mediese hulp gaan hê wanneer sy wel in kraam gaan nie.

Soektog na swanger vrou en dogter (5) steeds aan die gang

Soektog na swanger vrou en dogter (5) steeds aan die gang Foto: The South African

DURBAN. – Die soektog na die swanger vrou, Tessa Roodt (31) en haar dogter, Crystal (5), wat spoorloos op 22 Maart “verdwyn” het is vandag weer hervat.

Daar word beweer Tesaa is al 13 dae verby die datum wat sy moes geboorte geskenk het. Haar familie is bekommerd dat sy nie die nodige mediese hulp gaan hê wanneer sy wel in kraam gaan nie.

Andreas Mathios, woordvoerder van die Pro-Act Neighbourhood Watch Network, sê aan The South African die omstandighede rondom haar verdwyning is ‘n gesinsaangeleentheid wat hulle privaat wil hou.

Saak by polisie geopen tydens soektog na swanger vrou en dogter

Tessa was bespreek vir ‘n keisersnee by die Port Shepstone-hospitaal in KwaZulu-Natal, maar het nooit opgedaag nie. Daar word beweer sy het deur die loop van haar verdwyning ‘n rygeleentheid by ‘n lid van die publiek gekry. Dié het haar by die Umtwalume-afrit afgelaai. Dis toe die foto van haar en die meisie geneem en versprei is.

Daar is die saak by die Hibberdene-polisiekantoor geopen.

Die SA Community Crime Watch-groep is ook op soek na die ma en die dogter. Floerien Deysel hanteer die saak en kan gekontak word by 061 123 3767.

LEES OOK: Pa vergiftig glo dogter (2), polisie begin soektog

LEES OOK: Ondersteuners by hof om Hector van ‘dieremishandeling’-video te ondersteun

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: