April 18, 2021

Pa vergiftig glo dogter (2), polisie begin soektog

Daarna het hy glo aangeraai dat sy ook gif neem, maar sy het geweier.

Pa vergiftig glo dogter (2), polisie begin soektog

Pa vergiftig glo dogter (2), polisie begin soektog Foto: thoughtco.com

JOHANNESBURG. – Die polisie het ‘n soektog van stapel gestuur na ‘n pa, Russel Makhubela (32), wat na bewering sy tweejarige dogter in Ennerdale, suid van Johannesburg, vergiftig het.

ENCA-berig die familie was besig om hout te kap toe die pa en 2-jarige Phiwokuhle verdwyn het. Die ma was nie bekommerd nie, want die kind en die pa was baie geheg aanmekaar.

Die pa het teruggekeer na die familie klaar houtgekap het.

Pa vergiftig glo dogter en verdwyn

Die verdagte en die kind se ma het daarna ‘n woordewisseling gehad omdat hy glo gevoel het daar is altyd n tekort aan kos. Hy wou glo nie heeltyd sy suster pla met hulle probleme nie, berig ENCA-nuus verder.

“Hy het toe gesê hy sal liewer doodgaan as om so te sukkel,” sê die verdagte se suster. Hy het na bewering aan sy suster gesê hy is moeg daarvoor om in armoede te lewe.

Makhubela het toe glo vir die ma van die kind gesê hy het gif gedrink en dit ook vir hulle kind gegee. Daarna het hy glo aangeraai dat sy ook gif drink, maar sy het geweier.

Die ma het dadelik die kind geneem en na sy suster se huis gehardloop. Teen die tyd wat sy daar aangekom het was die kind reeds dood. Die polisie in nou op soek na die pa. Niemamd weet of hy nog lewe nie.

LEES OOK: Ondersteuners by hof om Hector van ‘dieremishandeling’-video te ondersteun

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus. Kim

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: