April 21, 2021

Stiefpa sien dogter (9) as seksslaaf na haar ma sterf

Hy is deur die polisie gered en is onder polisiebewaking na ‘n hospitaal geneem.

Stiefpa sien dogter (9) as seksslaaf na ma sterf

Stiefpa sien dogter (9) as seksslaaf na ma sterf Foto: transequality.org

DURBAN. – Die stiefpa (46) het sy dogter (9) as ‘n seksslaaf gesien en gebruik nadat haar ma in 2014 oorlede is en sy in haar stiefpa se sorg geplaas is.

Hy het die meisie begin mishandel, haar in die huis toegesluit en geweier dat sy soos enige ander negejarige kind optree. Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, sê hy het haar uit vrees dat sy ander sal vertel, in die huis toegesluit. In 2018 het die stiefpa sy humeur verloor, die slagoffer aangerand en haar uit die huis gejaag.

Stiefpa sien dogter as seksslaaf en sluit haar toe

Die meisie het die geleentheid gebruik om na haar bure te hardloop en haar vertel van haar stiefpa se mishandeling en wat hy alles met haar gedoen het. Die bure het die polisie gebel. Lede van die gemeenskap het ook gehoor wat hy met die meisie gedoen het en hulle het hom begin aanval. Hy is deur die polisie gered en is onder polisiebewaking na ‘n hospitaal geneem.

Die verdagte is in hegtenis geneem op agt aanklagte van verkragting, twee vir seksuele gereedmaking, drie vir die gebruik van kinderpornografie, twee vir die besit van kinderpornografie, twee vir die verspreiding van kinderpornografie, ses vir seksuele aanranding, twee vir mensehandel en sameswering om seksuele misdrywe te pleeg, twee vir kindermishandeling, die dwing van ‘n kind om seksuele aktiwiteite te aanskou, aanhitsing tot seksuele misdryf, seksuele versorging en seksuele uitbuiting.

Die beskuldigde het onskuldig gepleit, maar nadat oorweldigende getuienis teen hom aangebied is, is hy skuldig bevind. Hy is tot tot nege lewenslange vonisse vir verkragting en mensehandel gevonnis plus nog 173 jaar vir ander aanklagte.

LEES OOK: Pa vergiftig glo dogter (2), polisie begin soektog

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.Kim

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: