April 20, 2021

Alles wat jy moet weet na pres. Ramaphosa se toespraak Dinsdagaand

Alhoewel die land steeds op vlak een van inperking bly, is daar veranderings in plek gestel.

Alles wat jy moet weet na Ramaphosa se toespraak Dinsdagaand (Foto: Oudtshoorn Courant)

Alles wat jy moet weet na Ramaphosa se toespraak Dinsdagaand (Foto: Oudtshoorn Courant)

SUID-AFRIKA. – Baie Suid-Afrikaners het Dinsdag ‘n sug van verligting geslaak ná president Cyril Ramaphosa se toespraak.

President Ramaphosa het sekere maatreëls vir die duur van die Paastyd in plek gestel in ‘n poging om ‘n derde vlaag van koronavirus-infeksies in die land te voorkom.

Alhoewel die land steeds op vlak een van inperking bly, is daar veranderings in plek gestel.

Lees ook: Koopmansfontein-ongeluk: Vriende stop glo vir skilpad voor trein hulle tref

Slegs restaurante, sjebiens en kroeë waar drank op die perseel gebruik word, mag oor die langnaweek drank verkoop. Drankwinkels sal egter van Vrydag tot Maandag nié toegelaat word om alkohol te verkoop nie.

Na ‘n aantal versoeke van geloofsgroepe om in die Paastyd te mag byeenkomste hou, het president Ramaphosa aangekondig die getal mense wat nou by binnenshuise byeenkomste mag wees, is na 250 vermeerder en 500 vir buite. Die hoeveelheid mense wat ‘n begrafnis mag bywoon, bly steeds dieselfde op 100.

Die aandklokreël wat van 00:00 tot 04:00 in plek is, sal ook onveranderd bly.

Lees ook: Egpaar neem sewe kinders aan na ouers in motorongeluk sterf

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: