April 19, 2021

KYK: Vermeende smokkelaars gooi twee kinders oor grensmuur

Die kinders is toe na ‘n hospitaal geneem en is tans in Amerikaanse owerhede se sorg.

KYK: Vermeende smokkelaars gooi twee kinders oor grensmuur

KYK: Vermeende smokkelaars gooi twee kinders oor grensmuur Foto: Skermgreep uit CNN video

MEXIKO. – Twee kinders, ook sussies, van Ecaudor is in die hospitaal opgeneem nadat hulle deur vermeende smokkelaars oor die 4.2 m hoë grensmuur van Mexiko gegooi is.

Volgens die beeldmatriaal van Border Patrol word die kinders van drie en vyf jaar oud oorgegooi en val dan aan die Amerikaanse kant van die grensmuur. Die voorval wat op video vasgevang is, speel in die nag af.

LEES OOK: Plaasaanval op bejaarde – een doodgeskiet, een vlug te voet

Vermeende smokkelaars gooi kinders in die nag oor muur

Die Customs and Border Protection beskryf die persoon wat tot bo-op die muur klim as ‘n vermeende mensesmokkelaar. Die video wys dan verder hoe die persoon ‘n kind langs die kant van die muur laat sak voordat die kind neerval. Net daarna word ‘n tweede kind aan die Amerikaanse kant van die grens laat val.

Die verdagtes vlug dan van die toneel en kan nie verder op kamera gesien word nie. Die agentskap stel die nodige nooddienste in kennis. CNN-berig die kinders is toe na ‘n hospitaal geneem en is tans in Amerikaanse owerhede se sorg.

LEES OOK: Man dood toe motor teen paal langs N1 bots

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: