April 19, 2021

Alkohol mag vervoer word tydens dié naweek, maar met voorwaardes

Sy het verder gewaarsku ootreders kan ook in hegtenis geneem word.

Alkohol mag vervoer word tydens dié naweek, maar met voorwaardes

Alkohol mag vervoer word tydens dié naweek, maar met voorwaardes

SUID-AFRIKA. – Suid-Afrikaners was onseker oor of hulle wel alkohol die Paasnaweek in ‘n motor mag vervoer. Dit volg na Nkosazana Dlamini Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Donderdagoggend aangekondig het alkolhol mag nie vervoer word nie.

Sy het Donderdagoggend aan Suid-Afrikaners gesê padblokkades sal gehou word en drank sal afgeneem word. Sy het verder gewaarsku ootreders kan ook in hegtenis geneem word. Die stelling is toe later dieselfde dag verander. Dlungini Mtshali, woordvoerder van Dlamini-Zuma, het Donderdagmiddag tydens ‘n radio-onderhoud gesê mense mag hul eie alkohol vervoer.

Alkohol mag vervoer word, maar jy moet dalk kan bewys dis nie onwettig gekoop nie.

“As jy alkohol by ‘n restaurant, kroeg of sjebien koop en dit huis toe neem, kan jy in die moeilikheid beland. As jy alkohol uit jou eie huis na ‘n sosiale geleentheid neem, is jy veilig,” sê Mtshali verder.

Die verbod wat Dlamini-Zuma die oggend bekendgemaak het, stem glo nie ooreen met die regulasies wat in die Staatskoerant afgekondig is nie.

LEES OOK: Emiel is gevind – ‘Hy lewe en is veilig’

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: