April 19, 2021

Emiel is gevind – ‘Hy lewe en is veilig’

Die matriekseun van Hoër Landbouskool Boland is laaste verlede week Woensdag om 12:00 gesien.

Emile is gevind - 'Hy lewe en is veilig'

Emile is gevind - 'Hy lewe en is veilig' Foto: Facebook

WES-KAAP. – Emiel Smith (18) wat meer as ‘n week gelede laaste deur mede-leerlinge gesien is, is vanmiddag om 17:30 gevind.

Skool bevestig Emiel is gevind

“Emiel het vanmiddag by die skoolhoof se huis aangekom. Hy is ongedeerd en is terugbesorg aan sy ouers,” het Hoër Landbouskool Boland gesê. “Hy lewe en is veilig. Ons is so dankbaar.”

LEES OOK: Emile se ma stuur hartseer stemboodskap in die hoop dat dit hom sal bereik

Geen ander inligting is sover oor die voorval bekend nie. Verdere inligting sal wel verskaf word sodra dit deur die familie bekendgemaak word. Die matriekseun van Hoër Landbouskool Boland is laaste verlede week Woensdag om 12:00 gesien.

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: