Emiel se ma stuur hartseer stemboodskap in die hoop dat dit hom sal bereik
Jy is ongelooflik spesiaal. Kom

Emiel se ma stuur hartseer stemboodskap in die hoop dat dit hom sal bereik Foto: Facebook
WES-KAAP. – “Ek wil graag vanmiddag vir Emiel ‘n boodskap op die lug stuur. Die lewe plaas met tye ongelooflik druk op ons. Ons sukkel om al die balle in die lug te hou. Ons moet net stil raak, die handrem optrek en besef baie van hierdie balle is rubberballe. Maar enkeles van glas. Die geheim is om die glasballe nooit te laat val nie.” So begin Nettie Smit, die vermiste Emiel se ma, ‘n stemboodskap wat sy so ver as moontlik wil versprei.
“Emiel my kind, as jy luister, ek hoop so. Jy is een van my glasballe en ek sal jou nooit laat val nie. Asseblief, kom huis toe.” Sy sê ook daar is ‘n volledige brief wat sy aan Emiel geskryf het wat versprei sal word.
Emiel is laas deur mede-leerders gesien
LEES OOK: Geen teken van matriekseun wat week gelede spoorloos verdwyn
Sy bedank aan die einde van die stemboodskap almal wat in hierdie moeilike tyd saam met hulle bid. Sy sê hulle glo steeds op ‘n wonderwerk.
Emiel is Woensdag omstreeks 12:00 deur mede-leerders gesien waar hy in ‘n noordelike rigting verby die landboutegnologie-sentrum gestap het. Hy was in sy skoolklere. Skakel kapt. Louise du Plessis by 0828509614, indien jy enige inligting het wat die polisie kan help om hom op te spoor.
LEES OOK: Hoërskoolseun steeds vermis na leerders hom laaste sien
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.