Geen teken van matriekseun wat week gelede spoorloos verdwyn

Deel hierdie storie / Share this story

PAARL. – Daar is nog steeds geen teken van die matriekseun van Hoër Landbouskool Boland wat ‘n week gelede laas deur mede-leerlinge gesien is nie.

“Daar het nog geen verandering in die situasie gekom sedert die verklaring wat Vrydagmiddag uitgereik is nie. Die saak word deur die polisie ondersoek en alle leidrade word opgevolg. Die skool bly deurlopend in kontak met die polisie asook Emile se ouers,” het Hoër Landbouskool Boland bekendgemaak.

LEES OOK: Hoërskoolseun steeds vermis na leerders hom laaste sien

Geen teken van matriekseun na hy verlede week Woensdag verdwyn

Smit is Woensdag omstreeks 12:00 deur mede-leerders gesien waar hy in ‘n noordelike rigting verby die landboutegnologie-sentrum gestap het. Hy was in sy skoolklere.

“Kom asseblief net huis toe. Ons almal se harte breek elke dag net meer en ons almal wil jou net by die huis hê, kom asseblief terug,” lui die inskrywing op Facebook van ‘n meisie wat bekommerd is oor Emile. Dis al meer as 2 348 keer gedeel.

LEES OOK: Hoërskoolseun vermis, soektog duur steeds voort

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus