Jason Derulo en Jena Frumes binnekort babaseuntjie ryker

Deel hierdie storie / Share this story

Die 31-jarige bekende sanger Jason Derulo en sy meisie, Jena Frumes, is binnekort ‘n babaseuntjie ryker.

Derulo het die nuus oor die naweek bekendgemaak en die paartjie het toe aan People gesê dat dit ‘n seuntjie is.

Lees ook: Soektog duur voort na 16-jarige Simoné le Roux

Derulo en Frumes se baba se geslag was met blou vuurwerke by Privilege Pool by die Baha Mar-oord onthul.

Voor die geslagsonthulling het die twee in ‘n video op Instagram gesê wat hulle dink die baba se geslag gaan wees. Derulo het voorspel dat hulle ‘n seuntjie gaan hê omdat Frumes se maag “laag lê” en Frumes het gesê sy dink dat hulle ‘n dogtertjie gaan hê, omdat sy “buierig en lomp” is.

Lees ook: Alles wat jy moet weet na pres. Ramaphosa se toespraak Dinsdagaand