April 18, 2021

Bestuurder môre in hof wat werknemer glo met pen steek

Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het bevestig die beskuldigde sal môre in die hof verskyn.

Bestuurder môre in hof wat werknemer glo met pen steek

Bestuurder môre in hof wat werknemer glo met pen steek Foto: huffposts.com

PORTERVILLE. – Daar word beweer die bestuurder (46) van ‘n OK Foods het na ‘n onderonsie met sy werknemers glo een van hulle in die rug met ‘n pen gesteek.

Die onderonsie het glo plaaasgevind nadat werknemers die bestuurder gekonfronteer het oor die manier waarop hy sy werknemers hanteer. Die politieke party, Good Party, beweer die bestuurder het ‘n slegte arbeidsverhoudingrekord.

Polisie bevestig – bestuurder môre in hof

“Ons doen ‘n beroep op die gemeenskap van Porterville om OK Foods te boikot tot sy inhegtenisneming en skuldigbevinding,” het Good Party aan IOL gesê.

Verder sê die party OK Foods moet die werker om verskoning vra vir die lyding, vernedering en pyn wat die aanvaller veroorsaak het.

Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het bevestig die beskuldigde sal môre in die hof verskyn.

LEES OOK: Ma wakker uit koma na noodkeiser en longoorplanting

LEES OOK: KYK: Video wys man by Witrivier-polisiekantoor geslaan en rondgesleep

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: