Seun vermis na brander hom omslaan

Deel hierdie storie / Share this story

GEORGE. – Jayden Gaai (16) het Dinsdagmiddag 30 Maart 2021 by Gwaiingriviermond in die water vermis geraak nadat ’n brander hom omgeslaan het.

LEES OOK: Vermiste vrou kaal in stormdrein gevind

Gaai, van New Dawnpark, het glo saam met ’n paar vriende gaan swem toe hy onder die water verdwyn het. Die voorval het omstreeks 12:40 plaasgevind.

Volgens George Herald het nooddienste kort daarna na die seun begin soek, maar hul soektog het niks opgelewer nie. Die soektog is Woensdag 31 Maart 2021 voortgesit. Geen verdere inligting is in hierdie stadium beskikbaar nie.

LEES OOK: Dokters vergeet glo om vrou tydens keiser te steriliseer