Vermiste vrou kaal in stormdrein gevind
Die brandweer moes die onderste leerbedekking in die diep drein verwyder voordat hulle die vrou kon uithaal.

Vermiste vrou kaal in stormdrein gevind Foto: iheartintelligence
FLORIDA. – Die polisie is met baie vrae gelaat nadat ’n vrou wat vir drie weke lank vermis was, kaal uit ’n stromdrein gered is. Owerhede het geen idee hoe die vrou in die drein gekom het nie, aangesien dit byna onmoontlik is vir iemand om daar in te klim.
LEES OOK: Kinders in warm kar by mall gelos
Word vir beserings behandel
Die vrou word nou in die hospitaal vir geringe beserings behandel nadat ’n verbyganger haar om hulp gehoor roep het.
Die brandweer moes die rooster van die diep drein verwyder voordat hulle die vrou met behulp van ‘n leer en ‘n harnas kon uithaal.
Dani Moschella, woordvoerder van Delray Beach Fire Rescue, het aan iheartintelligence gesê dat die vrou, wat vroeër in Maart as vermis aangemeld is, nie op haar voete kon staan nie.
Onsekerhede
Niemand is seker hoe lank die vrou in die drein vasgesit het of hoe sy daar gekom het nie, maar dit blyk ’n geruime tyd te wees.
LEES OOK: Nuwe bestuurswette vir padgebruikers