WAARSKUWING: Video in artikel kan sensitiewe lesers ontstel.
MIDDELBURG. – Twee kinders van omtrent twee en sewe jaar oud is in ’n warm kar by die Middelburg Mall gelos. Die pa het glo net gaan geld trek.
Volgens Middelburg Observer kon die baba se bloedstollende gille vanuit die kar gehoor word.
LEES OOK: Nuwe bestuurswette vir padgebruikers
Noodgroepe het hulself na die toneel gehaas, maar met hul aankoms het die polisie reeds die pa opgespoor. Die pa is met ’n waarskuwing laat gaan.
Mense is bitter ontsteld oor die pa se roekelose gedrag, veral omdat dit so warm is.
’n Video van die skreeuende baba doen die rondte op sosiale media.
LEES OOK: Mense dood weens gewigsverliespille – maatskappy nou skuldig
Kyk na die video hier:



