Mense dood weens gewigsverliespille – maatskappy nou skuldig
Die maatskappy is sowat R47,6 miljoen beboet en moet skadevergoeding aan meer as 6 500 klaers betaal.

Mense dood weens gewigsverliespille - maatskappy nou skuldig Foto: Explore Biotech
FRANKRYK. – ’n Franse maatskappy is in die sop nadat dit skuldig bevind is aan bedrog en onbedoelde manslag omdat ongeveer 500 mense wat hulle gewigsverliespille, Mediator, gebruik het, gesterf het.
LEES OOK: Vermiste Kriel-seuns gevind
33 Jaar op die mark
Volgens Maroela Media het ongeveer vyf miljoen mense die middel gebruik in die 33 jaar wat dit op die mark was. Probleme met die medikasie is aangemeld, maar die pille is eers in 2009, meer as ’n dekade later, van die mark af verwyder.
LEES OOK: Man trou met meisie op sy sterfbed
Die maatskappy is met sowat R47,6 miljoen beboet en moet skadevergoeding aan meer as 6 500 klaers betaal.