Nuwe bestuurswette vir padgebruikers

Deel hierdie storie / Share this story

Nuwe bestuurswette sal na verwagting op 1 Julie 2021 in werking tree. ’n Nuwe puntestelsel sal vir plaaslike bestuurders ingestel word.

Volgens Top Auto sal ‘n bestuurder ’n vasgestelde aantal punte ontvang elke keer as ‘n oortreding gepleeg word. As ‘n bestuurder herhaaldelik oortredings pleeg en ’n sekere aantal punte ontvang, sal hy onbevoeg verklaar word om te bestuur.

LEES OOK: Man trou met meisie op sy sterfbed

Puntestelsel

’n Maksimum van 15 punte kan teen ’n bestuurder aangeteken word. Hierna sal hy onbevoeg wees om ‘n voertuig te bestuur. Die duur van die diskwalifikasie is drie maande vir elke punt bo die 15-puntperk.

As ’n bestuurder drie diskwalifikasies ingevolge die nuwe stelsel ontvang, sal sy lisensie gekanselleer word.

Aansoek vir nuwe rybewys

Daar sal dan van ‘n bestuurder verwag word om aansoek te doen vir ’n leerlinglisensie en dan ’n rybewys, sodra die diskwalifikasieperiode verby is.

LEES OOK: Mense dood weens gewigsverliespille – maatskappy nou skuldig